![]() |
![]() |
03 Mar 2010 Vanaf 1 Maart 2010 word 80% (in plaas van 60%) van ’n belastingpligtige se reistoelaag belas. Mense moet verder bewys lewer van hoeveel kilometres inderdaad vir besigheidsdoeleindes afgelê is. Gestel ’n belastingpligtige:
Dit sal beteken dat die betrokke persoon R45 768 vir reisverwante koste van sy/haar inkomste vir die jaar kan aftrek. Die balans van R14 232 (R60 000 minus R45 768) is ten volle belasbaar. Tagtig persent belasting op hierdie bedrag word maandeliks teruggehou, d.i. R11 385. Annuïteit Bydraes tot annuïteitsfondse hou onder meer die volgende belastingvoordele in:
’n Wysiging van die Inkomstebelastingwet (Paragraaf 2 van die Vierde Skedule) wat op 1 Maart 2010 in werking getree het, bepaal dat selfs in die geval waar werkgewers annuïteitsbydraes ten behoewe van werknemers maak, die werknemers steeds vir aftrekkings van hul inkomste kwalifiseer. Hierdie bydraes kan ook maandeliks in berekening gebring word vir die bepaling van LBS wat deur werknemers verskuldig is. Werknemers kan dus onmiddellik die belastingvoordeel geniet en hoef nie vir die jaarlikse aanslag te wag nie. Indien ’n bedrag van R11 385 in ’n annuïteit belê word, kan R3 415 aan belasting (R11 485 x 30% effektiewe belastingkoers) bespaar word oor ’n tydperk van 12 maande. Kontak Sonja Frank, tel. 021 882 9140 of Jonathan Coetzee, tel. 021 854 0382 by die Stellenbosse kantoor vir verdere inligting. |