![]() |
![]() |
21 Jul 2010 Die rente wat Suid-Afrikaners uit bronne in Suid-Afrika verdien, word in sekere gevalle van belasting vrygestel om besparing in die middel en laer inkomstegroepe aan te moedig. Tans word dit egter as ’n belasting-beplanningsgeleentheid aangewend – ’n gebruik wat binnekort beëindig sal word. Ingevolge die Inkomstebelastingwet word rente wat aan die bogenoemde vereistes voldoen, soos volg vrygestel:
Die Belastingwysigingswetsontwerp wat gedurende Mei 2010 gepubliseer is, maak dit egter duidelik dat hierdie belastingvrystellingsdrempel deur individue gebruik word in gevalle waar daar familielenings tussen verbonde persone is – en dat dit nie die goedkeuring van die Wetgewer wegdra nie. ’n Stigter van ’n trust hef bv. rente op sy lening aan die trust, met die gevolg dat die eerste R21 000 se rente wat so ontvang word, vrygestelde inkomste is. Die Wetgewer gaan ’n stokkie hiervoor steek. Die voorgestelde wysiging bepaal dat slegs rente wat van die volgende binnelandse bronne ontvang word, vrygestel sal wees:
Die voorgestelde datum waarop hierdie wysiging in werking tree, is vanaf 1 Januarie 2010. Vir verdere inligting kontak Sonja Frank by die Stellenbosse kantoor, tel. 021 882 8140 of e-pos sonja@exceed.co.za. |