Tax & Advisory » Alternatiewe Risikodekking

Alternatiewe Risikodekking

Eie versekering word toenemend gewilder

Die gewildheid van eie versekering of Alternatiewe Risiko-oordrag (ARO) neem wêreldwyd vinnig toe, veral onder sakemanne en maatskappye, weens die voordele wat dit inhou.
Die konsep funksioneer kortliks soos volg:

  • ’n Korttermyn-versekeringsmaatskappy reik ’n ARO-kontrak aan die versekerde uit.
  • ’n Rekening word vir die kliënt geopen waarin alle premies in- en eise uitbetaal word.
  • Die ondervindingsrekening verdien rente.
  • Eise is beperk tot die fondse in die ondervindingsrekening plus addisionele versekerde bedrae wat met die versekerde beding is.

Kliek op die onderste link vir meer inligting.