Kersfees 2010

Exceed Kersfees-projek 2010

Exceed se Kersfees-projek is vanjaar ten bate van hawelose kinders. Die projek, onder leiding van Louise Botha van die Somerset-Wes-kantoor, beoog om kinderharte met skoenbokse vol geskenkies en lewensmiddels bly te maak.

Louise vertel dat die Heilige Gees haar dit op die hart gelë het om Kersfees ‘n tyd van gee aan die ‘geringstes’ te maak. Sy en haar span beoog om die geskenke gedurende die eerste week van Desember by kinderhuise te versprei.

‘n Bankrekening is ook vir die projek geopen indien ondersteuners eerder kontantbydraes wil maak. Alle fondse sal vir die inhoud van die pakkies aangewend word en die rekening sal aan ouditering onderhewig wees.

Die inhoud van elke geskenkpakkie sal die volgende items insluit:

  • ‘n speeding, bv. ‘n bal/klimtol/karretjie/pop;
  • ‘n opvoedkundige item, bv. ‘n inkleurboek/kryte/legkaart/penne/uitveër;
  • ‘n higiëniese hulpmiddel, bv. ‘n waslap/tandeborsel/tandepasta/haarborsel;
  • ‘n Kinderbybel;
  • ‘n lekkerny, bv. ‘n pakkie skyfies of lekkers;
  • ‘n kledingstuk, bv. ‘n paar sokkies/sakdoeke/T-hemp.

Mense wat die projek graag wil ondersteun, hetsy deur middel van gebedsondersteuning of ‘n skenking van goedere of geld, kan Louise by louise@exceed.co.za kontak.