Bookmark : https://www.exceed.co.za/news/ehrc-streef-na-uitnemendheid/?id=12&entryId=126
Skip to : [Content] [Navigation]
  • Big enough to count, small enough to care

    Big enough to count, small enough to care
  • Integrity forms the backbone of our business

    Integrity forms the backbone of our business

News

Back to News

EHRC streef na uitnemendheid

02 Sep 2011

“Die maatskappy is vanjaar 10 jaar oud. Soos reg aan die begin streef ons steeds daarna om nie net aan ons kliënte se verwagtinge te voldoen nie, maar dit te oortref. Mense en dienslewering is immers ons passie.”

Aan die woord is Carline Wium, uitvoerende hoof van Exceed Human Resource Consultants (EHRC).

Die maatskappy is in 2001 gestig met die doel om kliënte op 'n koste-effektiewe en doeltreffende wyse te help om personeel wat aan hul vereistes voldoen, te identifiseer, werf en aan te stel. Sedertdien het EHRC sy kliëntebasis uitgebrei en 'n reputasie vir hoëgehalte dienslewering opgebou sodat hy nou 'n wye verskeidenheid kliënte in die korporatiewe en mediumgrootte sektor van die sakemark bedien.

Volgens Me. Wium kan die onderneming se sukses grootliks aan spesialisasie toegeskryf word. “Ons werwingskonsultante beskik oor spesialisopleiding in en -agtergrond van finansies, bemarking, personeelsake en 'n verskeidenheid operasionele velde.”
 
EHRC is 'n lid van die Exceed Groep met kantore te Stellenbosch, Somerset-Wes, Kaapstad, Johannesburg en Londen. Deur sy affiliasie met die International Association for Practicing Accountants (IAPA) het die maatskappy ook verteenwoordiging deur meer as 350 kantore in 50 lande wêreldwyd.
 
Vir meer besonderhede besoek ons webtuiste (www.exceedhr.co.za) of kontak ons by tel. 021 882 8140 of e-pos anneke@exceed.co.za

 

Exceed Human Resource Consultants

Christa Matthee, Sanelle Hobbs, Carina de Swardt, Tenk Loubser, Carline Wium, Anneke Viviers,
Jacolet van Heerden

    View Archives


    Johannesburg

    Tel: +27 (0) 87 985 0935
    infojhb@exceed.co.za

    London, UK

    Tel: +44 (0) 1784 439 955
    www.exceeduk.co.uk

    Somerset West

    Tel: +27 (0) 21 852 0382/4
    swest@exceedsw.co.za

    Cape Town

    Tel: +27 (0) 21 915 6666
    tygervalley@exceed.co.za

    Paarl

    Tel: +27 (0) 21 872 7118
    paarl@exceed.co.za