Bookmark : https://www.exceed.co.za/news/exceed-vier-10-jarige-bestaan/?id=12&entryId=3
Skip to : [Content] [Navigation]
  • Big enough to count, small enough to care

    Big enough to count, small enough to care
  • Integrity forms the backbone of our business

    Integrity forms the backbone of our business

News

Back to News

Exceed vier 10-jarige bestaan

17 Sep 2010

Ter viering van Exceed se 10-jarige bestaan vanjaar, is ’n middagete op 18 Augustus 2010 by Spier-landgoed buite Stellenbosch aangebied.

Kliënte wat die maatskappy sedert die beginjare ondersteun het, asook oud-direkteure en ‑personeellede was teenwoordig. Die broers Loubser het hul waardering betuig teenoor die kliënte, personeel, strategiese vennote en medewerkers wat die afgelope dekade bygedra het tot die suksesvolle vestiging en uitbouing van die Groep en sy aktiwiteite. Mnre. Frans Stroebel, voorsitter van die direksie, en Conrad Sidego, voormalige direkteur, is ook vir hul besondere bydraes bedank.

Aangesien elke gas ’n bottel Calista 2000 ontvang het, het mnr. Jan (Boland) Coetzee van Vriesenhof dié wyn kortliks beskryf en toe die Exceed Groep met ’n goeie rooiwyn vergelyk: dit verbeter met die jare.

Die Groep is op 1 Julie 2000 deur die boers Loubser (snr en jnr) gestig en het aanvanklik oor twee kantore (in Stellenbosch en Johannesburg) en vier voltydse personeellede beskik. Vandag het die Groep meer as 100 personeellede in diens by sy kantore in Stellenbosch, Somerset-Wes, Tygervallei, Johannesburg, Londen en Rome.

Deur die verskillende besigheidseenhede – Tenk Loubser & Associates, Exceed Private Clients, Exceed Asset Management, Exceed Trust, Exceed Human Resource Consultants en Exceed Empowerment and Consulting Services – bied die Groep ’n wye reeks dienste aan kliënte in ’n verskeidenheid bedryfsektore.

Exceed is geaffilieer by die International Association of Practicing Accountants (IAPA) en is voorts trots op sy verbintenis met Insinger de Beaufort, ’n bekende internasionale batebestuursmaatskappy en ’n aandeelhouer van die Groep. Een van Insinger se aandeelhouers, die bekende Franse bank BNP Paribas, help Exceed om toegang tot internasionale bank- en finansiële dienste te kry.

Vir verdere inligting kontak Sonja Frank by die Stellenbosse kantoor, tel. 021 882 8140 of e-pos sonja@exceed.co.za.

    View Archives


    Johannesburg

    Tel: +27 (0) 87 985 0935
    infojhb@exceed.co.za

    London, UK

    Tel: +44 (0) 1784 439 955
    www.exceeduk.co.uk

    Somerset West

    Tel: +27 (0) 21 852 0382/4
    swest@exceedsw.co.za

    Cape Town

    Tel: +27 (0) 21 915 6666
    tygervalley@exceed.co.za

    Paarl

    Tel: +27 (0) 21 872 7118
    paarl@exceed.co.za