Bookmark : https://www.exceed.co.za/news/fietsryers-trap-ten-bate-van-gestremdes/?id=12&entryId=26
Skip to : [Content] [Navigation]
  • Big enough to count, small enough to care

    Big enough to count, small enough to care
  • Integrity forms the backbone of our business

    Integrity forms the backbone of our business

News

Back to News

Fietsryers trap ten bate van gestremdes

03 Mar 2010

Van die deelnemers aan vanjaar se Pick n Pay Argus-fietstoer gaan hul fietswiele ten bate van die Chaeli-veldtog vir gestremdes laat sing. Onder dié ryers is Gerrit van Rhyn van die Tygervallei-kantoor en sy vrou, Louise, wat die fietstoer vir die vyfde agtereenvolgende keer aanpak.

“Die Chaeli-ryers streef daarna om R10 000 elk in te samel,” het Gerrit vertel. “Die geld word gebruik om gestremdes op verskeie maniere by te staan sodat hulle so normaal as moontlik kan voortgaan.”

Die veldtog, wat oorspronklik deur vyf tieners begin is om ’n gemotoriseerde rystoel vir Chaeli Mycroft te koop, was so suksesvol dat dit as nie-winsgewende organisasie geregistreer is en professioneel bestuur word. Bydraes is van inkomstebelasting aftrekbaar. (Besoek www.chaelicampaign.co.za vir verdere inligting.)

Chaeli Mycroft saam met Gerrit en Louise van Rhyn

Op die foto is Chaeli Mycroft saam met Gerrit en Louise van Rhyn.

Bydraes aan die veldtog kan in die volgende rekening gedeponeer word: Tenk Loubser & Associates Trustrekening, Absa-rekeningnr. 406 4722 925, takkode 632 005. Verskaf asb. u naam en die nommer CC2010 as verwysing. Indien u/u onderneming se naam en adres per e-pos aan gerrit@exceed.co.za stuur, sal u van ’n Artikel 18A-kwitansie voorsien word.

    View Archives


    Johannesburg

    Tel: +27 (0) 87 985 0935
    infojhb@exceed.co.za

    London, UK

    Tel: +44 (0) 1784 439 955
    www.exceeduk.co.uk

    Somerset West

    Tel: +27 (0) 21 852 0382/4
    swest@exceedsw.co.za

    Cape Town

    Tel: +27 (0) 21 915 6666
    tygervalley@exceed.co.za

    Paarl

    Tel: +27 (0) 21 872 7118
    paarl@exceed.co.za