Bookmark : https://www.exceed.co.za/news/sosiale-nuusbrokkies/?id=12&entryId=22
Skip to : [Content] [Navigation]
  • Big enough to count, small enough to care

    Big enough to count, small enough to care
  • Integrity forms the backbone of our business

    Integrity forms the backbone of our business

News

Back to News

Sosiale nuusbrokkies

17 May 2010

Tenk Loubser (Kaapstad) het hul nuwe kantoor bekendgestel, die personeel van die Tygervallei-kantoor het hul rekenaars vir verfrollers verruil en die Exceed-span van Somerset-Wes het druiwe gaan trap op Beyerskloof.

Nuwe kantoor bekendgestel

Exceed se nuwe kantoor

Tenk Loubser (Kaapstad) Ing het hul nuwe kantoor op 21 April 2010 met ’n geselligheid ingewy. Die geleentheid is bygewoon deur onder andere (v.l.n.r. op die foto) Gerrit van Rhyn (Tenk Loubser Kaapstad Ing), Thea-Rita Kluyts (Legal Track), Hans Luijk (Continental Cobbles), Jaco Odendaal (Tenk Loubser Somerset-Wes), Hennie van der Merwe (Vin-X-Port SA) en Nataly Groenewald (Vin-X-Port SA).

Personeel verruil rekenaars vir verfrollers

Op Saterdag, 10 April 2010, het personeellede van die Tygervallei-kantoor hul rekenaars vir verfrollers verruil. As deel van die firma se gemeenskapsbetrokkenheidsprojek het die span die Gastehuis Trust met opknappingswerk gehelp.

Die doel van die Trust is om bekostigbare huisvesting aan behoeftige bejaardes van die Bellville-area te verskaf. Die Trust bestuur tans vier huise, waarvan almal herstelwerk benodig.

Voordat daar aan die werk gespring is, het die projekbestuursfirma Formwork Construction die vrywilligers touwys gemaak. Die projek het die personeel diep geraak en laat besef dat dit meer vervullend is om te gee as om te ontvang.

Kontak asb. vir Sunel Swart by sunel@exceed vir verdere inligting oor die projek of om by die herstel en instandhouding van die huise of die welstand van die inwoners betrokke te raak.

Trap daai druiwe!

Druiwe trap

Op uitnodiging van Beyers Truter het Suzette van Niekerk en haar span van Exceed Somerset-Wes vanjaar aan Beyerskloof se jaarlikse druiwetrappery meegedoen.

Die Saterdagoggend is met ’n wynproeëry afgeskop. Daarna het die druiwesap gespat. Aanvanklik het die span vir hul klere gekeer, maar nie vir lank nie – daarvoor het Suzette gesorg!

    View Archives


    Johannesburg

    Tel: +27 (0) 87 985 0935
    infojhb@exceed.co.za

    London, UK

    Tel: +44 (0) 1784 439 955
    www.exceeduk.co.uk

    Somerset West

    Tel: +27 (0) 21 852 0382/4
    swest@exceedsw.co.za

    Cape Town

    Tel: +27 (0) 21 915 6666
    tygervalley@exceed.co.za

    Paarl

    Tel: +27 (0) 21 872 7118
    paarl@exceed.co.za