Tax & Advisory » Sosiale nuusbrokkies

Sosiale nuusbrokkies

Exceed-personeel het nie net die jaareinde gevier nie, maar ook aan ander Kersvreugde besorg.

Exceed personeel Kersete 2010

Exceed-funksie

Die Exceed Groep het die komende jaareinde en feesgety met ’n funksie by Kleinevalleij te Wellington op 26 November 2010 gevier.

Vir verdere inligting oor Kleinevalleij se onthaal- en konferensiegeriewe, kontak Anelma Basson by anelma@kleinevalleij.co.za.

Kersvreugde

Die Tygervallei-kantoor van Tenk Loubser & Assosiate (TLA) het kinderharte bly gemaak toe geskenke onlangs aan al 25 kinders van Babbels en Krabbels Kleuterskool by Fisantekraal uitgedeel is.

Babbels en Krabbels Kleuterskool Fisantekraal

Die kleuters het elk hul eie skryfbehoeftes, papier en lekkergoed in verseëlde plastieksakke ontvang sodat niks kon wegraak nie.

An-Marie Wentzel van TLA, wat met die uitdeel van die geskenke gehelp het, vertel dat dit een van die kantoor se Kersfees-projekte was. “Die skooltjie het egter nog heelwat hulp en ondersteuning nodig; dus wil ons graag ons betrokkenheid volgende jaar voortsit.”

Mense wat die projek graag wil ondersteun, kan An-Marie Wentzel by anmarie@exceed.co.za kontak.