Audit & Accounting » TENK LOUBSER & ASSOCIATES GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS VERWELKOM NUWE DIREKTEUR

TENK LOUBSER & ASSOCIATES GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS VERWELKOM NUWE DIREKTEUR

Tenk Loubser & Associates kondig met genoeë aan dat Mama Barkhuysen (gebore Van Tonder) GR(SA) op 1 Junie 2012 aangesluit het as direkteur. Marma het die graad Hons B.Rek aan die Universiteit van Stellenbosch behaal waarna sy haar opleiding as geoktrooieerde rekenmeester by PWC in die Pearl ondergaan het. Sy was die afgelope sewe jaar as ouditbestuurder verbonde aan PWC se kantoor in Cambridge, Verenigde Koninkryk, waar sy omvangryke blootstelling gekry het van kliente uit bykans alle sektore van die sakewereld. Marna spesialiseer in oudit-, rekeningkundige- en belastingdienste.

Sy kan gekontak word by die Paarl-kantoor van Tenk Loubser & Associates:

Adres: 1ste Vloer Eenheid 3, Zonnerlust Estate Berg rivier Boulevard, Posbus 47, Paarl, 7620
E-pos: marna@exceed.co.za
Webtuiste: www.tenkloubser.co.za
Tel nr: +27 (0) 21 872 7118 I +27 (0) 72 955 6568

Tenk Loubser & Associates, bied in samewerking met Exceed Groep, ‘n wye reeks professionele dienste aan wat insluit rekeningkundige en ouditdienste, maatskappy sekretariele dienste, belastingadvies. bestuurs- en BEE-verifikasiedienste. Tenk Loubser &Associates het kantore te Stellenbosch, Somerset-Wes. Tygervallei, Paarl. Johannesburg en Londen.

Direkteure van links na regs: Tenk Loubser, Marna Barkhuysen, Dirk Koegelenberg, Willie Smith en Gerrit van Rhyn