Tax & Advisory » Uitnodiging – Belastingadministrasie Wet

Uitnodiging – Belastingadministrasie Wet

Ons gaan onder andere die volgende bespreek:

  • Die nuwe rekordhouding vereistes;
  • Wanneer kan die SAID by u perseel opdaag sonder kennisgewing en toegang vereis;
  • Persoonlike aanspreeklikheid van finansiële bestuurders vir belastingskulde;
  • Die nuwe boete bepalings.

Wie moet dit bywoon:

  • Finansiële bestuurders;
  • Personeellede in die finansiële departement wat betrokke is by rekordhouding;
  • Debiteure – en krediteure klerke;
  • Rekenmeesters.

Die aanbieder:

Die aanbieder is Sonja Frank van Exceed Belasting-en Adviesdienste. Sonja is toegelaat as prokureur en het haar
Nagraadse Diploma in Belasting (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy verskaf gespesialiseerde
belastingadvies en verteenwoordig reeds die afgelope 5 jaar belastingbetalers in dispute met die SAID.

Seminaarbesonderhede:

Datum: Donderdag 18 Oktober 2012
Plek: Boschenmeer Landgoed, Gholf Klubhuis, Paarl (padkaart aangeheg)
Program: Ontbyt sal bedien word vanaf 7h30 – 8h30.
Die seminaar begin stiptelik om 8h30.
Tee sal bedien word om 10h00.
Die seminaar sluit af om 11h30.
Koste: R684 (ingesluit BTW)
RSVP asb aan Marlise Haasbroek by marlise@exceed.co.za teen Vrydag 12 Oktober 2012.