Audit & Accounting » Corporate Social Responsibility » Verf Projek Ten Bate Van Die Gastehuis Trust

Verf Projek Ten Bate Van Die Gastehuis Trust

Op Saterdag 10 April het die personeel van die Tygervallei-kantoor hulle sakrekenaars en “laptops” verruil vir verfrollers ten bate van Die Gastehuis Trust, as deel van ons firma se gemeenskaps-betrokkenheidsprojek.

Die trust is gestig met die doel om behoeftige bejaardes te huisves in die Bellville area teen ‘n minimale huurbedrag per maand. Daar is tans vier huise wat onder beheer van die trust is en almal het ‘n redelike hoeveelheid herstelwerk nodig weens beperkte fondse oor die afgelope jare.

Ouditeure en rekenmeesters is nie bekend vir die meer praktiese aspekte van die alledaagse nie, maar gelukkig was Formwork Construction, ‘n projek-bestuursfirma en ‘n kliënt , daar om die personeel bietjie touwys te maak en reg te help waar nodig.

Die projek het die personeel se harte diep geroer en nou is almal gretig om meer betrokke te raak by die bejaarde dames van die huis. Daar is baie dinge wat ons so vanselfsprekend aanvaar wat vir hulle ‘n absolute luukse is , en dit het ons net weer laat besef dat daar so baie is om voor dankbaar te wees en dat dit meer vervullend is om te gee eerder as om te ontvang.

Indien daar belangstelling is om betrokke te raak by die herstel en instandhouding van die ander huise of op enige ander wyse, kan daar vir Sunel Swart by sunel@exceed.co.za gekontak word vir verdere inligting in hierdie verband.