Tax & Advisory » Corporate Social Responsibility Projects » Slagoffers Van Gesinsgeweld Baat By Gholfdag

Slagoffers Van Gesinsgeweld Baat By Gholfdag

Tenk Loubser (Kaapstad) Ingelyf het onlangs ’n gholfdag ondersteun wat gehou is ten bate van Huis Jabes, ’n plek van veiligheid vir vroue en kinders wat slagoffers van gesinsgeweld is.

Huis Jabes, wat sy deure op 1 Junie 2008 oopgemaak het, is die eerste begunstigde van die nuwe S.O.S Trust wat deur die Sakekamer van Durbanville gestig is. Dié Trust ondersteun verdienstelike projekte in die gemeenskap.

Huis Jabes Gholfdag

Willie Smith, direkteur van Tenk Loubser (Kaapstad) Ingelyf, het aan die gholfdag deelgeneem. Hier staan hy (heel regs op die foto) saam met (v.l.n.r.) Hannes Zwiegers, Peet Steenkamp (Norpharm BK) en Charl Holtman (Earth Foods Marketing).

Om Huis Jabes te ondersteun, bel hulle by 021 981 6413 of stuur ’n e-pos aan adri@sostrust.co.za of info@huisjabes.co.za.